Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

INDONESIË

Jehovah het ons verwagtinge oortref!

Angeragō Hia

Jehovah het ons verwagtinge oortref!
  • GEBORE 1957

  • GEDOOP 1997

  • PROFIEL Hy het na sy afgesonderde tuisdorpie op Niaseiland teruggekeer en ’n gemeente begin.

IN 2013 het ons klein gemeente in Tugala Oyo opwindende nuus ontvang—ons sou ’n nuwe Koninkryksaal kry! Die plaaslike owerheid het die projek verwelkom, en 60 van ons bure het ’n petisie geteken om hulle goedkeuring te gee. Een van ons bure het gesê: “As julle 200 handtekeninge wil hê, sal julle dit kry.”

Twee ervare Koninkryksaalbouvrywilligers het gekom om toesig te hou oor die bou van die nuwe saal, wat in November 2014 voltooi is. Ons het nooit gedink dat ons gemeente ooit so ’n pragtige plek vir aanbidding sou hê nie. Ja, Jehovah het ons verwagtinge oortref!