Wat leer die Bybel werklik?

Hierdie Bybelstudiehulp is saamgestel om jou te help om uit te vind wat die Bybel oor verskillende onderwerpe sê, insluitende waarom ons ly, wat met ons gebeur wanneer ons sterf, hoe om ’n gelukkige gesinslewe te hê en nog meer.

Is dít God se voorneme?

Jy wonder dalk waarom daar vandag soveel probleme is. Het jy geweet dat die Bybel sê dat werklike veranderinge voorlê en dat jy daarby kan baat vind?

HOOFSTUK 1

Wat is die waarheid omtrent God?

Dink jy dat God vir jou as ’n individu omgee? Leer meer oor sy persoonlikheid en hoe jy nader aan hom kan kom.

HOOFSTUK 2

Die Bybel—’n Boek wat van God kom

Hoe kan die Bybel jou help om persoonlike probleme die hoof te bied? Waarom kan jy die profesieë daarin vertrou?

HOOFSTUK 3

Wat is God se voorneme met die aarde?

Sal God se voorneme met die aarde ooit verwesenlik word? Indien wel, wanneer?

HOOFSTUK 4

Wie is Jesus Christus?

Vind uit waarom Jesus die beloofde Messias is, waar hy vandaan gekom het en waarom hy Jehovah se enigverwekte Seun is.

HOOFSTUK 5

Die losprys—God se grootste geskenk

Wat is die losprys? Hoe kan jy daarby baat vind?

HOOFSTUK 6

Waar is die dooies?

Vind uit wat die Bybel sê oor waar die dooies is en waarom mense sterf.

HOOFSTUK 7

Ware hoop vir jou geliefdes wat gesterf het

Het jy ’n geliefde aan die dood afgestaan? Is dit moontlik om hulle weer te sien? Vind uit wat die Bybel oor die opstanding leer.

HOOFSTUK 8

Wat is God se Koninkryk?

Baie mense ken die Onse Vader-gebed. Wat beteken die woorde: “Laat u Koninkryk kom”?

HOOFSTUK 9

Lewe ons in “die laaste dae”?

Kyk hoe dade en gesindhede om ons bewys dat ons nou in “die laaste dae” lewe wat die Bybel voorspel het.

HOOFSTUK 10

Geesskepsele—Hoe hulle ons lewe raak

Die Bybel praat van engele en demone. Bestaan hierdie geesskepsele werklik? Kan hulle jou lewe raak?

HOOFSTUK 11

Waarom laat God lyding toe?

Baie mense dink dat God vir al die lyding in die wêreld verantwoordelik is. Wat dink jy? Vind uit wat God oor die redes vir lyding sê.

HOOFSTUK 12

Lewe op ’n manier wat God se goedkeuring wegdra

Dit is moontlik om op ’n manier te lewe wat Jehovah se goedkeuring wegdra. Trouens, jy kan selfs sy vriend word.

HOOFSTUK 13

’n Goddelike beskouing van lewe

Hoe beskou God aborsies, bloedoortappings en die lewe van diere?

HOOFSTUK 14

Hoe om jou gesinslewe gelukkig te maak

Die liefde wat Jesus getoon het, is ’n voorbeeld wat mans, vrouens, ouers en kinders kan navolg. Wat leer ons by hom?

HOOFSTUK 15

Aanbidding wat God se goedkeuring wegdra

Kyk na ses kenmerke van dié wat die ware godsdiens beoefen.

HOOFSTUK 16

Neem jou standpunt vir ware aanbidding in

Voor watter uitdagings kan jy te staan kom wanneer jy jou oortuigings aan ander verduidelik? Hoe kan jy dit doen sonder om hulle aanstoot te gee?

HOOFSTUK 17

Kom nader aan God deur gebed

Luister God wanneer jy bid? Om hierdie vraag te beantwoord, moet jy weet wat die Bybel omtrent gebed leer.

HOOFSTUK 18

Doop en jou verhouding met God

Watter stappe moet gedoen word om te kwalifiseer om as ’n Christen gedoop te word? Vind uit wat dit simboliseer en hoe dit uitgevoer moet word.

HOOFSTUK 19

Bly in God se liefde

Hoe kan ons ons liefde en dankbaarheid toon vir alles wat God gedoen het?

AANHANGSEL

God se naam—Die gebruik en betekenis daarvan

God se persoonlike naam is uit baie Bybelvertalings verwyder. Waarom? Is dit belangrik om God se naam te gebruik?

AANHANGSEL

Hoe Daniël se profesie die koms van die Messias voorspel

God het meer as 500 jaar vooruit geopenbaar presies wanneer die Messias sou kom. Vind meer uit omtrent hierdie fassinerende profesie!

AANHANGSEL

Jesus Christus—die beloofde Messias

Jesus het al die Bybelprofesieë oor die Messias vervul. Kyk in jou Bybel hoe hierdie profesieë in elke besonderheid vervul is.

AANHANGSEL

Die waarheid omtrent die Vader, die Seun en die heilige gees

Baie mense glo dat die Drie-eenheidsleer ’n Bybelleerstelling is. Is dit waar?

AANHANGSEL

Waarom ware Christene nie die kruis in aanbidding gebruik nie

Het Jesus werklik aan ’n kruis gesterf? Lees die antwoord in die Bybel.

AANHANGSEL

Die Here se Aandmaal—’n Viering wat God eer

Christene word beveel om Christus se dood te herdenk. Wanneer en hoe moet dit gedoen word?

AANHANGSEL

“Siel” en “gees”—Wat beteken hierdie terme werklik?

Baie mense dink dat ’n onsigbare deel van ’n mens die liggaam ná die dood verlaat en voortleef. Wat sê God se Woord hieroor?

AANHANGSEL

Wat is Sjeool en Hades?

Party Bybelvertalings gebruik die woorde “graf” of “hel” vir Sjeool en Hades. Wat beteken hierdie woorde werklik?

AANHANGSEL

Die Oordeelsdag—Wat is dit?

Vind uit waarom die Oordeelsdag ’n seën vir alle getroue mense sal wees.

AANHANGSEL

1914—’n betekenisvolle jaar in Bybelprofesie

Watter bewyse is daar in die Bybel dat 1914 ’n betekenisvolle jaar was?

AANHANGSEL

Wie is Migael, die aartsengel?

Die Bybel identifiseer hierdie kragtige aartsengel. Vind meer uit oor hom en wat hy nou doen.

AANHANGSEL

Die identiteit van “Babilon die Grote”

Die Bybelboek Openbaring praat van ’n vrou met die naam “Babilon die Grote”. Is sy ’n letterlike vrou? Wat sê die Bybel omtrent haar?

AANHANGSEL

Is Jesus in Desember gebore?

Wat kan ons leer uit die weerstoestande gedurende die tyd van die jaar wat Jesus gebore is?

AANHANGSEL

Moet ons vakansiedae vier?

Wat is die oorsprong van baie vakansiedae wat gewild is waar jy woon? Die antwoorde sal jou dalk verbaas.