Volgens Matteus 25:1-46

  • TEKEN VAN CHRISTUS SE TEENWOORDIGHEID (1-46)

    • Illustrasie van tien maagde (1-13)

    • Illustrasie van talente (14-30)

    • Skape en bokke (31-46)

25  “Dan kan die Koninkryk van die hemel vergelyk word met tien maagde wat hulle lampe+ gevat het en uitgegaan het om die bruidegom+ te ontmoet.  Vyf van hulle was onverstandig, en vyf was verstandig.*+  Die onverstandige maagde het hulle lampe gevat, maar hulle het geen olie saamgevat nie,  terwyl die verstandige maagde elkeen ’n fles olie saam met hulle lampe gevat het.  Die bruidegom het lank gevat om te kom, en hulle almal het vaak geword en aan die slaap geraak.  In die middel van die nag het iemand uitgeroep: ‘Hier is die bruidegom! Gaan uit om hom te ontmoet.’  Toe het al die maagde opgestaan en hulle lampe reggekry.+  Die onverstandige maagde het vir die verstandiges gesê: ‘Gee vir ons van julle olie, want ons lampe is besig om dood te gaan.’  Die verstandiges het geantwoord: ‘Miskien is daar nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer na die mense wat olie verkoop en koop julle eie olie.’ 10  Terwyl hulle olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Die maagde wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die huweliksfees,+ en die deur is gesluit. 11  Ná die tyd het die res van die maagde ook gekom en gesê: ‘Meneer, Meneer, maak vir ons oop!’+ 12  Hy het geantwoord: ‘Ek vertel julle die waarheid: Ek ken julle nie.’ 13  “Hou dus aan waak,+ want julle weet nie wanneer daardie dag en uur sal kom nie.+ 14  “Dit is net soos ’n man wat op die punt gestaan het om na die buiteland te reis en wat sy slawe laat roep het en vir hulle gesê het om na sy besittings om te sien.+ 15  Hy het vir een slaaf vyf talente* gegee, vir ’n ander slaaf twee en vir nog ’n ander slaaf een, vir elkeen volgens sy eie vermoë, en hy het na die buiteland gegaan. 16  Onmiddellik het die een wat die vyf talente ontvang het, weggegaan en daarmee handel gedryf en nog vyf bygekry. 17  Net so het die een wat die twee ontvang het, nog twee bygekry. 18  Maar die een wat net een ontvang het, het weggegaan en ’n gat in die grond gegrawe en sy meester se geld* daarin weggesteek. 19  “Ná ’n lang tyd het die meester van daardie slawe gekom en vir hulle gevra wat hulle met sy besittings gedoen het.+ 20  Toe het die een wat die vyf talente ontvang het, met nog vyf talente vorentoe gekom en gesê: ‘Meester, u het vir my vyf talente gegee. Kyk, ek het nog vyf talente bygekry.’+ 21  Sy meester het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie en getroue slaaf! Jy was getrou oor ’n paar dinge. Ek sal jou oor baie dinge aanstel.+ Wees bly saam met jou meester.’+ 22  Daarna het die een wat die twee talente ontvang het, vorentoe gekom en gesê: ‘Meester, u het vir my twee talente gegee. Kyk, ek het nog twee talente bygekry.’+ 23  Sy meester het vir hom gesê: ‘Mooi so, goeie en getroue slaaf! Jy was getrou oor ’n paar dinge. Ek sal jou oor baie dinge aanstel. Wees bly saam met jou meester.’ 24  “Uiteindelik het die slaaf wat die een talent ontvang het, vorentoe gekom en gesê: ‘Meester, ek het geweet dat u ’n man is wat baie vereis, wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waarvoor u nie gewerk het nie.*+ 25  Toe het ek bang geword en u talent in die grond gaan wegsteek. Hier is die talent wat aan u behoort.’ 26  Sy meester het geantwoord: ‘Jou goddelose en lui slaaf, jy het dan geweet dat ek geoes het waar ek nie gesaai het nie en bymekaargemaak het waar ek nie gewerk het nie. 27  Dan moes jy mos my geld* gebank het, en dan sou ek dit met rente teruggekry het toe ek gekom het. 28  “‘Vat dan nou die talent by hom en gee dit vir die slaaf wat die tien talente het.+ 29  Want as iemand het, sal meer aan hom gegee word, en hy sal ’n oorvloed hê. Maar as iemand nie het nie, sal selfs wat hy het, van hom af weggeneem word.+ 30  Gooi die nikswerd slaaf uit in die duisternis daar buite. Daar sal hy huil en op sy tande kners.’ 31  “Wanneer die Seun van die mens+ in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met hom,+ sal hy op sy glorieryke troon gaan sit. 32  Al die nasies sal voor hom versamel word, en hy sal die mense van mekaar skei, net soos ’n herder die skape van die bokke skei. 33  En hy sal die skape+ aan sy regterhand sit, maar die bokke aan sy linkerhand.+ 34  “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterhand sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is, erf die Koninkryk wat van die begin van die mensdom* af vir julle voorberei is. 35  Want ek het honger geword, en julle het vir my iets gegee om te eet. Ek het dors geword, en julle het vir my iets gegee om te drink. Ek was ’n vreemdeling, en julle het my gasvry ontvang.+ 36  Ek was kaal,* en julle het vir my klere gegee.+ Ek het siek geword, en julle het my versorg. Ek was in die tronk, en julle het my kom besoek.’+ 37  Dan sal die regverdiges hom antwoord: ‘Here, wanneer het ons gesien dat u honger is en vir u kos gegee, of gesien dat u dors is en vir u iets gegee om te drink?+ 38  Wanneer het ons gesien dat u ’n vreemdeling is en u gasvry ontvang, of gesien dat u kaal is en vir u klere gegee? 39  Wanneer het ons gesien dat u siek of in die tronk is en u kom besoek?’ 40  Die Koning sal hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: Alles wat julle vir een van die minste van my broers gedoen het, het julle ook vir my gedoen.’+ 41  “Dan sal hy vir dié aan sy linkerhand sê: ‘Gaan weg van my af,+ julle wat vervloek is, in die ewige vuur+ in wat vir die Duiwel en sy engele voorberei is.+ 42  Want ek het honger geword, maar julle het vir my niks gegee om te eet nie, en ek het dors geword, maar julle het vir my niks gegee om te drink nie. 43  Ek was ’n vreemdeling, maar julle het my nie gasvry ontvang nie. Ek was kaal, maar julle het nie vir my klere gegee nie. Ek was siek en in die tronk, maar julle het my nie versorg nie.’ 44  Dan sal hulle ook antwoord en sê: ‘Here, wanneer het ons gesien dat u honger of dors of ’n vreemdeling of kaal of siek of in die tronk is en u nie gehelp nie?’ 45  Dan sal hy hulle antwoord: ‘Ek verseker julle: Alles wat julle nie vir een van die minste van my broers gedoen het nie, het julle ook nie vir my gedoen nie.’+ 46  Hulle sal vir ewig afgesny* word,+ maar die regverdiges sal die ewige lewe ontvang.”+

Voetnote

Of “wys”.
’n Griekse talent was gelyk aan 20,4 kg. Sien Aanh. B14.
Lett. “silwer”.
Of “wat u nie uitgewan het nie”.
Lett. “silwer”.
Of “grondlegging van die wêreld”.
Of “Ek het nie genoeg klere aangehad nie”.
D.w.s. van die lewe. Lett. “afgekap; afgesnoei”.