’n Openbaring aan Johannes 14:1-20

  • Die Lam en die 144 000 (1-5)

  • Boodskappe van drie engele (6-12)

    • Engel in die middel van die hemel met goeie nuus (6, 7)

  • Gelukkig is dié wat in eenheid met Christus sterf (13)

  • Twee oeste van die aarde (14-20)

14  Toe het ek die Lam+ op die berg Sion sien staan,+ en saam met hom 144 000+ met sy naam en die naam van sy Vader+ op hulle voorkoppe geskryf.  Ek het ’n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van harde donderweer, en die geluid wat ek gehoor het, het geklink soos sangers wat hulleself begelei deur op hulle harpe te speel.  En hulle sing iets wat klink soos ’n nuwe lied+ voor die troon en voor die vier lewende wesens+ en die ouderlinge,+ en niemand kon daardie lied leer nie, behalwe die 144 000,+ wat van die aarde gekoop is.  Dit is hulle wat hulle nie met vrouens onrein gemaak het nie. Om die waarheid te sê, hulle is maagde.+ Dit is hulle wat die Lam bly volg ongeag waar hy gaan.+ Hulle is uit die mensdom gekoop+ as eerstelinge*+ vir God en vir die Lam,  en geen leuen is in hulle monde gevind nie. Hulle is onbesmet.+  En ek het ’n ander engel in die middel van die hemel* sien vlieg, en hy het ewige goeie nuus gehad om bekend te maak aan dié wat op die aarde woon, aan elke nasie en stam en taal en volk.+  Hy het met ’n harde stem gesê: “Vrees God en verheerlik hom, want die uur van oordeel deur hom het aangebreek.+ Aanbid dus die Een wat die hemel en die aarde en die see+ en die fonteine gemaak het.”  ’n Ander engel, ’n tweede, het gevolg en gesê: “Sy het geval! Babilon die Grote+ het geval,+ sy wat al die nasies van die wyn van die passie* van haar seksuele onsedelikheid*+ laat drink het!”  ’n Ander engel, ’n derde, het hulle gevolg en met ’n harde stem gesê: “As iemand die wilde dier+ en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorkop of op sy hand ontvang,+ 10  sal hy ook van die wyn van die woede van God drink wat onverdun in die beker van Sy woede+ ingeskink is. Hy sal voor die heilige engele en voor die Lam met vuur en swael+ gepynig word. 11  En die rook van hulle pyniging gaan vir ewig en altyd op,+ en hulle het dag en nag geen rus nie, dié wat die wilde dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.+ 12  Hiervoor het die heiliges volharding nodig,+ dié wat die gebooie van God gehoorsaam en aan die geloof van Jesus vashou.”+ 13  En ek het ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf: Gelukkig is die dooies wat van nou af in eenheid met die Here sterf.+ Ja, sê die gees, laat hulle van hulle harde werk rus, want die dinge wat hulle gedoen het, gaan saam met hulle.” 14  Toe het ek ’n wit wolk gesien, en op die wolk het iemand soos ’n seun van die mens+ gesit, met ’n goue kroon op sy kop en ’n skerp sekel in sy hand. 15  ’n Ander engel het uit die tempelheiligdom uitgekom en met ’n harde stem geroep na die een wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, omdat die uur gekom het om te oes, want die oes van die aarde is heeltemal ryp.”+ 16  En die een wat op die wolk sit, het sy sekel in die aarde ingesteek, en die aarde is geoes. 17  En nog ’n ander engel het uit die tempelheiligdom wat in die hemel is, uitgekom, en hy het ook ’n skerp sekel gehad. 18  En nog ’n ander engel het uit die altaar uitgekom, en hy het gesag oor die vuur gehad. En hy het met ’n harde stem uitgeroep na die een met die skerp sekel en gesê: “Steek jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.”+ 19  Die engel het sy sekel in die aarde ingesteek en die wingerdstok van die aarde geoes, en hy het dit in die groot wynpers van die woede van God gegooi.+ 20  Die wynpers is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die wynpers uitgekom tot by die tooms van die perde, vir ’n afstand van 1 600 stadie.*

Voetnote

Of “in die lug”.
Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Of “woede”.
Omtrent 296 km. ’n Stadie was gelyk aan 185 m. Sien Aanh. B14.