’n Openbaring aan Johannes 4:1-11

  • Visioen van Jehovah in die hemel (1-11)

    • Jehovah sit op sy troon (2)

    • Die 24 ouderlinge op trone (4)

    • Die vier lewende wesens (6)

4  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk! ’n oop deur in die hemel, en die eerste stem wat ek gehoor het, was so hard soos ’n trompet en het vir my gesê: “Kom op hierheen, en ek sal vir jou die dinge wys wat moet gebeur.”  Daarna het ek onmiddellik onder die krag van die gees gekom, en kyk! ’n troon het in die hemel gestaan, en iemand het op die troon gesit.+  Die voorkoms van die Een wat daarop sit, was soos jaspis+ en sardius,* en reg rondom die troon was ’n reënboog wat soos smarag gelyk het.+  Reg rondom die troon was daar 24 trone, en op hierdie trone het ek 24 ouderlinge+ sien sit, wat wit klere aangehad het en goue krone op hulle koppe gehad het.  Daar het weerligstrale+ en stemme en donderslae+ van die troon af gekom, en voor die troon het daar sewe vuurlampe gebrand, wat die sewe geeste van God beteken.+  Voor die troon was daar iets wat gelyk het soos ’n see van glas,+ soos kristal. In die middel van* die troon en rondom die troon was daar vier lewende wesens+ wat aan die voorkant en agterkant vol oë was.  Die eerste lewende wese was soos ’n leeu,+ die tweede lewende wese soos ’n jong bul.+ Die derde lewende wese+ het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad, en die vierde lewende wese+ was soos ’n vlieënde arend.+  En die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad. Die vlerke was reg rondom en aan die onderkant vol oë.+ En dag en nag sê hulle aanhoudend: “Heilig, heilig, heilig is Jehovah*+ God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom.”+  Elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en dank gee aan die Een wat op die troon sit, die Een wat vir ewig en altyd lewe,+ 10  val die 24 ouderlinge+ neer voor die Een wat op die troon sit en aanbid hulle die Een wat vir ewig en altyd lewe. Dan gooi hulle hulle krone voor die troon en sê: 11  “U is waardig, Jehovah* ons God, om die heerlikheid+ en die eer+ en die krag+ te ontvang, want u het alles geskep,+ en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskep.”

Voetnote

Of “’n rooikleurige edelsteen”.
Of “by”.