Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 IS DIT ONTWERP?

Die bandstertgriet se navigasiestelsel

Die bandstertgriet se navigasiestelsel

DIE bandstertgriet lê een van die merkwaardigste migrasiereise af wat aan die mens bekend is. Die voël se 11 000 kilometer lange reis kan meer as agt dae duur.

Dink hieraan: Navorsers meen dat party voëlsoorte die aarde se magnetiese veld vir navigasie gebruik, asof daar ’n ingeboude kompas in hulle brein is. Die bandstertgriet gebruik moontlik ook bedags die son en snags die sterre om sy weg te vind. Dit wil voorkom asof die bandstertgriet ook kan aanvoel wanneer stormstelsels gaan ontstaan met rugwinde waaruit hy voordeel kan trek. Maar deskundiges weet nog steeds nie presies hoe hierdie voëls hulle ongelooflike migrasiereis aflê nie. “Ek bestudeer hulle al 20 jaar lank”, sê die bioloog Bob Gill, “en dit verstom my nog steeds.”

Wat dink jy? Het die navigasiestelsel van die bandstertgriet deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?