Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die see-otter se vel

Die see-otter se vel

BAIE soogdiere wat in koue water lewe, het ’n dik laag vet onder hulle vel om hulle warm te hou. Maar die see-otter het ’n ander geheim—’n harige jas wat die koue uithou.

Dink hieraan: Die see-otter se haartjies is nader aan mekaar as enige ander soogdier s’n. Sy vel het omtrent 155 000 haartjies per vierkante sentimeter. Wanneer die otter swem, sit lug tussen die haartjies vas. Hierdie lug keer dat sy liggaamshitte ontsnap omdat die koue water nie direk aan sy vel raak nie.

Wetenskaplikes glo dat ons iets by die see-otter kan leer. Hulle het eksperimente op verskillende baadjies gedoen om te sien watter verskil dit maak as die haartjies daarop langer en nader aan mekaar is. Navorsers het gevind dat “die vel droër bly as die haartjies lank en naby aan mekaar is”. Met ander woorde, see-otters het ’n lekker warm jas waarmee hulle kan spog.

Navorsers hoop om in die toekoms ’n materiaal te ontwerp wat water beter sal uithou. Dit laat mens wonder of dit nie beter sal wees om ’n harige duikpak in koue water te dra nie—net soos die see-otter!

Wat dink jy? Het die vermoë van die see-otter se vel om hitte in te hou deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?