Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat sê die Bybel?

Wat sê die Bybel?

Is godsdiens deur mense uitgedink?

PARTY MENSE GLO dat godsdiens deur mense uitgedink is; ander meen weer dat God godsdiens gebruik om mense te help om nader aan hom te kom. Wat dink jy?

WAT DIE BYBEL SÊ

Daar is ’n “godsdiens wat vanuit die standpunt van ons God en Vader rein en onbesmet is” (Jakobus 1:27, voetnoot in NW). Rein, of ware, godsdiens kom van God af.

WAT ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER

  • Om God te behaag, moet ’n godsdiens op Bybelwaarheid gegrond wees.—Johannes 4:23, 24.

  • Godsdienste wat op menslike idees gegrond is, het geen waarde nie.—Markus 7:7, 8.

Moet ’n mens aan ’n godsdiens behoort?

WAT SOU JY SÊ?

  • Ja

  • Nee

  • Dit hang af

WAT DIE BYBEL SÊ

“Laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor en nie ons onderlinge vergadering nalaat [nie]” (Hebreërs 10:24, 25). God wil hê dat sy aanbidders as ’n georganiseerde groep moet vergader.

WAT ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER

  • Diegene wat God saam aanbid moet verenig wees in wat hulle glo.—1 Korintiërs 1:10, 11.

  • Lede van die godsdiens wat deur God goedgekeur word, vorm ’n wêreldwye broederskap.—1 Petrus 2:17.