Spring na inhoud

Vrede op aarde—Hoe sal dit tot stand kom?

Vrede op aarde—Hoe sal dit tot stand kom?

Die Bybel se antwoord

 Vrede op aarde sal nie deur mensepogings tot stand kom nie, maar deur middel van God se Koninkryk, ’n hemelse regering onder die heerskappy van Christus Jesus. Let op wat die Bybel ons oor hierdie wonderlike hoop leer.

  1.   God sal ‘oorloë laat ophou tot aan die einde van die aarde,’ ter vervulling van sy belofte van “vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het.”—Psalm 46:9; Lukas 2:14, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.

  2.   God se Koninkryk sal uit die hemel oor die hele aarde regeer (Daniël 7:14). As ’n wêreldregering sal dit nasionalisme, wat die oorsaak van baie konflikte is, uitwis.

  3.   Jesus, die Heerser van God se Koninkryk, word die “Vredevors” genoem, en hy sal verseker dat ‘daar geen einde aan vrede sal wees nie’.—Jesaja 9:6, 7.

  4.   Mense wat vasbeslote is om aan te hou veg, sal nie toegelaat word om onder die Koninkryk te lewe nie, want God se “siel haat beslis elkeen wat geweld liefhet.”—Psalm 11:5; Spreuke 2:22.

  5.   God leer sy onderdane hoe om in vrede te lewe. Die Bybel beskryf die gevolg van hierdie onderrigting en sê: “Hulle sal van hulle swaarde ploegskare moet smee en van hulle spiese snoeimesse. Nasie sal nie teen nasie die swaard ophef nie, en ook sal hulle nie meer leer om oorlog te voer nie.”—Jesaja 2:3, 4.

 Miljoene Getuies van Jehovah regoor die aarde leer reeds by God hoe om vredeliewend te wees (Matteus 5:9). Hoewel ons aan talle verskillende etniese groepe behoort en in meer as 230 lande woon, weier ons om die wapen teen ons medemens op te neem.

Jehovah se Getuies leer reeds hoe om in vrede te lewe