Psalms 34:1-22

  • Jehovah red sy knegte

    • “Laat ons sy naam saam verheerlik” (3)

    • Jehovah se engel beskerm (7)

    • “Ondervind en sien self dat Jehovah goed is” (8)

    • ‘Nie een van sy bene gebreek nie’ (20)

Van Dawid, toe hy voor Abimeʹleg gemaak het asof hy mal is+ en toe weggegaan het nadat Abimeʹleg hom weggejaag het. א [Alef] 34  Ek sal Jehovah altyd loof. Sy lof sal heeltyd op my lippe wees. ב [Bet]   Ek sal spog oor Jehovah.+ Die nederiges sal hoor en sal bly wees. ג [Gimel]   Verheerlik Jehovah saam met my.+ Laat ons sy naam saam verheerlik. ד [Dalet]   Ek het Jehovah vir leiding gevra, en hy het my geantwoord.+ Hy het my van al my vrese gered.+ ה [He]   Die gesigte van dié wat op hom vertrou het, het gestraal van vreugde. Hulle kan nie teleurgestel word nie. ז [Zajin]   Hierdie hulpelose man het geroep, en Jehovah het gehoor. Hy het hom gered uit al sy moeilikhede.+ ח [Get]   Die engel van Jehovah slaan kamp op rondom dié wat Hom vrees,+en hy red hulle.+ ט [Tet]   Kom ondervind* en sien self dat Jehovah goed is.+ Gelukkig is die man wat by hom beskerming soek. י [Jod]   Vrees Jehovah, al sy heiliges,want dié wat hom vrees, kom niks kort nie.+ כ [Kaf] 10  Selfs sterk jong leeus* het begin honger ly,maar dié wat Jehovah dien,* sal niks goeds kortkom nie.+ ל [Lamed] 11  Kom, my seuns, luister na my. Ek sal julle die vrees vir Jehovah leer.+ מ [Mem] 12  Wie van julle is lief vir die leween wil graag baie dae hê om goeie dinge te geniet?+ נ [Noen] 13  Hou dan jou tong weg van wat sleg is,+en jou lippe van bedrog.+ ס [Samek] 14  Draai weg van wat sleg is en doen wat goed is.+ Soek vrede en streef dit na.+ ע [Ajin] 15  Die oë van Jehovah is op die regverdiges,+en sy ore luister na hulle geroep om hulp.+ פ [Pe] 16  Maar Jehovah* is teen dié wat slegte dinge doen,om alle herinnering van hulle van die aarde af uit te wis.+ צ [Tsade] 17  Hulle het geroep, en Jehovah het gehoor.+ Hy het hulle uit al hulle moeilikhede gered.+ ק [Kof] 18  Jehovah is naby dié wie se hart gebreek is.+ Hy red dié wat mismoedig is.*+ ר [Resj] 19  Die regverdige het baie probleme,*+maar Jehovah red hom van dit alles.+ ש [Sjin] 20  Hy bewaar al sy bene,en nie een van hulle is gebreek nie.+ ת [Taw] 21  Rampspoed sal die goddelose doodmaak. Dié wat die regverdige haat, sal skuldig bevind word. 22  Jehovah red die lewe van sy knegte. Nie een van dié wat beskerming by hom soek, sal skuldig bevind word nie.+

Voetnote

Lett. “Smaak”.
Of “Selfs jong maanhaarleeus”.
Lett. “soek”.
Of “die aangesig van Jehovah”.
Of “dié wie se gees verpletter is”.
Of “rampe”.