Psalms 42:1-11

  • God geloof as Groot Redder

    • Verlang na God soos takbok na water (1, 2)

    • “Hoekom het ek alle moed verloor?” (5, 11)

    • “Wag op God” (5, 11)

Vir die musiekleier. Maskil* van die seuns van Korag.+ 42  Soos ’n takbok wat na waterstrome verlang,so verlang ek na u, o God.   Ek dors na God, na die lewende God.+ Wanneer kan ek kom en voor God verskyn?+   Dag en nag is my trane my voedsel. Die hele dag lank spot mense my en sê hulle: “Waar is jou God?”+   Ek onthou hierdie dinge, en ek stort my siel* uit,want ek het voorheen saam met die skare geloop. Ek het stadig voor hulle na die huis van God geloop,met die geluide van vreugde en danksegging,van ’n skare wat ’n fees vier.+   Hoekom het ek alle moed verloor?+ Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my? Wag op God,+want ek sal hom nog loof as my Groot Redder.+   My God, ek het alle moed verloor.+ Daarom dink ek aan u,+van die land van die Jordaanrivier en die pieke van Hermon af,van die berg Misar* af.   Diep waters roep na diep watersby die geluid van u watervalle. Al u onstuimige golwe het my oorweldig.+   Deur die dag sal Jehovah my sy lojale liefde gee,en deur die nag sal sy lied by my wees – ’n gebed tot die God van my lewe.+   Ek sal vir God, my groot rots, vra: “Hoekom het u my vergeet?+ Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyand my onderdruk?”+ 10  My vyande spot my met moorddadige vyandigheid.* Die hele dag lank spot hulle my en sê hulle: “Waar is jou God?”+ 11  Hoekom het ek alle moed verloor? Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my? Wag op God,+want ek sal hom nog loof as my Groot Redder en my God.+

Voetnote

Of “die klein berg”.
Of moontlik “asof hulle al my bene verbrysel”.