Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Gefolterde gemoed

’n Gefolterde gemoed

’n Gefolterde gemoed

NICOLE word al van 14-jarige ouderdom af deur tye van swaarmoedigheid geteister. Op 16 het sy egter iets nuuts begin ondervind—’n ongewone toestand van euforie en ’n buitengewoon hoë energievlak. Malende gedagtes, onsamehangende spraak en ’n gebrek aan slaap het gepaardgegaan met ’n ongegronde vermoede dat haar vriende van haar misbruik maak. Daarna het Nicole beweer dat sy die kleure van voorwerpe na willekeur kan verander. Op hierdie stadium het Nicole se ma besef dat sy mediese hulp nodig het en haar hospitaal toe geneem. Nadat die dokters Nicole se luimwisselinge noukeurig waargeneem het, het hulle Nicole uiteindelik met bipolêre versteuring gediagnoseer. a

Miljoene mense oor die hele wêreld ly soos Nicole aan ’n gemoedsversteuring—hetsy bipolêre versteuring of ’n vorm van kliniese depressie. Die uitwerking van hierdie siektes kan verwoestend wees. “Ek het baie jare lank gely”, sê Steven, ’n bipolêre pasiënt. “Ek het verskriklike emosionele laagtepunte en dan euforiese hoogtepunte ondervind. Behandeling en medikasie het gehelp, maar dit was nog steeds ’n stryd.”

Waardeur word gemoedsversteurings veroorsaak? Hoe voel dit om aan depressie of bipolêre versteuring te ly? Hoe kan slagoffers—en hulle versorgers—die ondersteuning kry wat hulle nodig het?

[Voetnoot]

a Dit word ook maniese depressie genoem. Let asseblief daarop dat sommige van hierdie simptome tekens van skisofrenie, dwelmmisbruik of selfs van normale aanpassing tydens adolessensie kan wees. ’n Diagnose moet slegs gemaak word ná ’n deeglike ondersoek deur iemand wat gekwalifiseer is om dit te doen.