Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 IS DIT ONTWERP?

Die vel van ’n slang

Die vel van ’n slang

OMDAT slange nie pote het nie, het hulle ’n sterk vel nodig wat bestand is teen voortdurende wrywing. Sommige spesies seil teen skurwe boomstamme op, terwyl ander hulle onder die growwe sand ingrawe. Wat maak ’n slang se vel so sterk?

Dink hieraan: Die dikte en ontwerp van die vel van een slangspesie kan van dié van ’n ander slangspesie verskil. Die vel van alle slange het egter iets in gemeen: Dit is hard aan die buitekant en word geleidelik sagter na binne toe. Waarom is dit voordelig? “Stowwe wat hard is aan die buitekant, maar buigsamer word na binne toe, kan die druk wat ’n skerp voorwerp uitoefen, oor ’n groter oppervlak versprei”, sê die navorser Marie-Christin Klein. Die unieke ontwerp van ’n slang se vel maak dit vir hom moontlik om vashouplek op die grond te kry sodat hy vorentoe kan beweeg, en dit voorkom ook dat skerp klippe skade aanrig omdat druk wat op sy vel uitgeoefen word, eweredig versprei word. ’n Slang se vel moet sterk wees, aangesien slange gewoonlik net elke twee tot drie maande vervel.

Stowwe met die eienskappe van slangvel kan nuttig wees op die gebied van die geneeskundebyvoorbeeld in die vervaardiging van glipvrye en besonder duursame kunsmatige inplantings. Wat meer is, vervoerbandmasjinerie wat die ontwerp van ’n slang se vel naboots, sal moontlik minder besoedelende smeermiddels nodig hê.

Wat dink jy? Het die slang se vel deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?