Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Panama

’n Besoek aan Panama

PANAMA is moontlik die bekendste vir sy kanaal—’n waterweg wat die Atlantiese Oseaan en die Stille Oseaan verbind. Maar Panama verbind ook mense met mekaar omdat dit Noord- en Suid-Amerika verbind. Mense van verskillende rasse en kulture woon daar. ’n Groot deel van die bevolking is van gemengde Europese en inheemse afkoms.

HET JY GEWEET? Die Panamese goue padda (Atelopus zeteki) “waai” met sy voorpote om ’n maat te lok en mededingers te waarsku

Toe Spaanse ontdekkingsreisigers in 1501 in Panama aangekom het, het hulle talle inheemse gemeenskappe gevind, waarvan party nog bestaan. Een van hulle is die Guna-volk (wat voorheen Kuna genoem is). Baie van die Gunas woon in die deel van die San Blas-eilandgroep wat onder die bestuur van die inheemse bevolking is, asook langs die kus van die Karibiese See naby die grens tussen Panama en Colombia. Daar jag hulle, vang hulle vis met boomkano’s en kweek hulle hulle eie voedselgewasse.

Wanneer ’n man in die Guna-gemeenskap trou, gaan woon hy by sy vrou se uitgebreide gesin en werk hy vir hulle. As sy vrou later geboorte gee aan ’n dogter, kan hy en sy gesin sy skoonfamilie verlaat en hulle eie huishouding begin.

Daar is omtrent 300 gemeentes van Jehovah se Getuies in Panama. Buiten Spaans word vergaderinge gehou in Chinees, Engels, Goedjarati, Guna, Haïtiaanse Kreool, Ngabere en Panamese Gebaretaal.